13 Oktober 2023

Matteus 5

Die Berg-preek van Jesus (langs die See van Galilea) begin met die Salig-sprekinge!!!

Soos:
“Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.”
‭‭‬ Matteus 5:‭9‬ ‭CAB23‬‬

Daarna verduidelik Jesus aan ons dat ons die sout en lig vir die smaaklose en verottende, duister wêreld moet wees.

Die Here herhaal dit met unieke en uitstekende raad wat vandag nog vir ons waarde het.

Here, dankie vir U lering wat ons lewens lei!
U is ons Rabbi!