12 Oktober 2023

2 Kronieke 10

Na Salomo se dood kom die volk onder aanvoering van Jerobeam na die koning Rehabeam om vir hom belasting verligting te vra.
(Salomo het baie reg gekry maar het ook die volk swaar belas).

Rehabeam kies egter om die inspraak van sy jong vriende hoër te ag, as die raad van die wyse ou staatsmanne om hom.
Dus sê hy aan Israel ek sal julle nog verder belas, meer as Salomo.
En die volk skeur:
10 stamme na die noorde met hulle hoofstad as Samaria, onder leiding van Jerobeam word Israel.
En 2 stamme (Juda en Benjamin) in die suide met hul hoofstad as Jerusalem, bly onder Rehabeam se koninskap.

Verandering is nodig Here! Help ons om asb wys te besluit oor hoe dit gaan lyk voorentoe!
U is Wysheid!