10 Oktober 2023

Matteus 4

Na Jesus se doop gaan Hy vir 40 dae in die woestyn in om te vas. 
Aan die einde van die tydperk versoek satan die Here, maar Jesus antwoord hom met skrif en 3 keer weerstaan Hy die duiwel en Wen!

Hy begin dissipels nooi om vissers van mense te word en saam met hulle begin Hy preek en wonders doen, ook onder die heidene!

Here, dankie vir U Woord wat altyd help om satan se versoekinge te weerstaan!
U is die God van alle volke!