7 Oktober 2023

Matteus 3

Johannes die doper het Israel by die Jordaan gedoop as ñ simboliese teken dat Israel weer in ñ nuwe tyd sou ingaan soos hulle gedoen het toe hulle as volk saam met Joshua die eerste keer deur die Jordaan is!
Hulle moes egter hulle ou lewe, hulle Egipte, die rug draai en kies om voluit in God se belofte te leef!

Daarom het Jesus ook die Nuwe Era aangekondig deur gedoop te word!
Die Heilige Gees salf die Christus (Gesalfde) en die Vader bevestig Sy Seun deur ñ stem uit die hemel en so is God 3 enig teenwoordig by hierdie nuwe begin!

Here, dankie dat ons ook deur ons doop deel kan wees van ñ Nuwe begin saam met U!
U is Vader, Seun en Heilige Gees!