6 Oktober 2023

2 Kronieke 8

Salomo bou vir sy eerste 20 jaar die koninkryk van Israel uit: hy bou nie net paleise en die Tempel nie, maar ook talle stede, soos Eilat (Elot) wat hy as basis gebruik om skeepshandel met Afrika te doen.

Hy neem egter heidense vroue soos die dogter van Farao van Egipte.
Hierdie sou vir hom en Israel ñ groot struikelblok word.

Here, help ons om nie in ons voorspied en seën te sondig nie.
Help ons om asb in afhanklikheid van U te bly leef.
U is die Een wat ons lewens bou!