3 Oktober 2023

2 Kronieke 7

Die Here daag op by die toewyding van die Tempel!
Sy Heerlikheid is so swaar dat die priesters nie kan staan om hulle diens te doen voor die Here nie!
In die heerlikheid en fees ontmoet die Here vir Salomo en praat Hy met die koning oor die Tempel en die volk!

Dit sal ñ plek word waar hulle die Here sal aanroep:
“As my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hulle verkeerde weë; dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.”
‭‭2 Kronieke 7:‭14‬

Vandag is ons die Tempel van die Heilige Gees wat die Here se Naam moet aanroep!
Here, kom en genees asb ons land!!
U is die Alomteenwoordige !