30 September 2023

2 Kronieke 6

Met die toewyding van die Tempel wat Salomo vir die Here gebou het, besef die jong koning dat die Here orals is en nie hoef te bly in die Tempel nie, nogtans vra Salomo Hom om daar Sy Teenwoordigheid te vestig.

Dan besef Salomo as die Here se Ark en Sy teenwoordigheid daar is, in Jerusalem dan moet mense in gebed in daardie rigting van die Tempel bid.

Daniël doen dan juis dit as hy in ballingskap is en bid 3 keer ñ dag in die rigting van Jerusalam vanuit Babelonië.

Here, vandag is U teenwoordigheid in ons: die Heilige Gees!
Dankie dat ons in ons na U kan “draai” en kan bid enige tyd van die dag!
U is die Heerlikheid en U Teenwoordigheid is orals! Ook in ons!