28 September 2023

Openbaring 22

Jesus Kom!
“Kyk, Ek kom gou! Gelukkig is dié wat vashou aan die woorde van die profesie van hierdie boekrol. ”
‭‭Openbaring‬ ‭22‬:‭7‬ ‭AFR20‬‬

Ons sien uit na die Here se wederkoms!
Waar ons sonder vloeke, duisternis, sonde of boosheid sal leef saam met die Here!!
Daarom roep ons as Bruid: Kom Here Jesus kom gou!
Maranatha!

Here, dankie dat ons wat onder U genade staan kan uitsien na U koms!
U is die Môrestêr!