27 September 2023

2 Kronieke 5

Salomo saam met die volk wy die nuut geboude Tempel aan die Here toe!
Hulle doen dit deur die ark van die verbond op die regte manier, deur priesters, te dra na die Allerheiligste en ontelbare baie offers te bring voor die Here!
Die Here seën hulle sang en toewyding deur in heerlikheid op te daag in die vorm van n wolk!

Here, dankie vir U Teenwoordigheid nou IN ons U Tempels.
U Heilige Gees is nou konstant in ons soos die Ou testamentiese gelowiges dit partykeer beleef het!
U is die Wolk van heerlikheid!