25 September 2023

Openbaring 21

Ons gaan nie vir ewig in die hemel bly nie!
Ons gaan wel in ñ her-skepte aarde woon en die ewige stad die Nuwe Jerusalem vir ewig in bly saam met die Here.

Die idee van die visioen wat Johannes sien is dat die Nuwe Jerusalem vierkantig is. (Hoogte, breedte en lengte is dieselfde)
Netsoos die Allerheiligste in die Tempel!!
Dis ook van goud gemaak soos die Troonkamer in die Tempel.
Nou is die edelstene nie meer op die Hoëpriester se bors nie maar dit is hekke in die stad.
Dit is nou die woonplek van die Here waar ons ook vir ewig gaan tuis wees!

Here, ons sien uit na ñ aarde wat lyk soos die Tabernakel se Allerheiligste waar die enigste Lig U teenwoordigheid is!
U is die Alfa en Omega die begin en die Einde!!