24 September 2023

2 Kronieke 4

Salomo bou die Tempel met weelde!
Die meubels van die Tabernakel maak hy baie groter vir die groot Tempel en as dit by die 7stuk kandelaar en tafel van toonbrode kom maak hy 10 van elk instede van net een.
Die waskom vir priesters is massief en indrukwekkend!

Die baas kunstenaar wat Salomo hiervoor ingevoer het, Huram, het ñ goeie werk gedoen.

Here, mag elkeen van ons in ons aanbidding en in ons alledaagse lewe vir U beter en meer doen as in die verlede!
Mag vandag se aanbidding van U gister s'n oorskadu en so sal ons weet ons groei in heiligmaking en in U verheerliking!
U is ons Skepper!