23 September 2023

Miga 1

Miga kondig oordeel in die vorm van ballingskap aan vir Samaria die hoofstad van Israel en ook Jerusalem van Juda!
Dit gebeur tydens die tyd van Miga dat Samaria weggevoer word deur die Arameers, maar eers heelwat later word Jerusalem deur Babelonië in ballingskap weggeneem.

Dit is hoekom Miga vir die Israeliete en die Judeers sê om hulle koppe solank kaal te skeer.
Om jou kop kaal te skeer was ñ vorm van rou en ñ profetiese aksie om te sê dat dit sleg gaan en jy in skande is.
ñ Baard vir enige Joodse man is sy trots en ñ teken dat dit met hom goed gaan.

Here, dankie dat U ons versorg en beskerm!
U is die Een wat ons waarsku en Genadig is!