21 September 2023

2 Kronieke 3

Salomo begin die Tempel bou!
Die mates en detail word genoem sodat ons kan weet hoe indrukwekkend die gebou was.
Die Allerheiligste, ñ perfekte vierkant, was met goud beslaan en het 2 goue engele gehuisves wat met oopgespreide vlerke die hele vertrek vol gestaan het!
Die heilige en Allerheiligste was ook nog met edelstene versier ten spyte van die feit dat die vertrekke met goud beslaan was!
Die indruk dat dit die hemelse Troonkamer van die Here verteenwoordig moes by almal agter gelaat word wat dit sou sien.

Dawid se droom was besig om gebou te word op die plek waar hy die Here se engel ontmoet het!

Here, help ons om gehoorsaam aan U te wees en U geestlike “huis”, U Koninkryk hier te bou deur ons lewens!
U is die God van Hemel en aarde!