18 September 2023

2 Kronieke 2

Soos Dawid die materiaal, goud en silwer met baie hout begin reg kry het vir die bou van die Tempel, so kry Salomo die mannekrag gereed vir die groot bouwerk.
Hy versamel bouers en werkers uit Israel se geledere maar vra ook vir Huram die koning van Tirus vir kundinges om te help.

Huram stuur dan vir Huram-Abi wat ñ Israelietiese ma en ñ pa van Tirus gehad het. Hy was kundig en sou vir Salomo baie kon help al was hy en die mense met hom baie goed beloon vir hul werk.

Here, dankie dat die regte mense vir die regte werk belangrik is! So ook in die kerk het ons almal ons eie funksie tot U eer!
U is die Meester-Bouer!