17 September 2023

Amos 9

“Ek sal die lot van my volk Israel verander. Hulle sal hulle verwoeste stede herbou en bewoon; hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink; hulle sal tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.”
‭‭Amos‬ ‭9‬:‭14‬ ‭AFR20‬‬

Na die oordeel oor Israel oor hulle ongehoorsaamheid sê die Here daar sal ñ gedeelte ALTYD oorbly van Sy volk wat weer sal terugkeer na hulle land.

Hierdie profesie het in die laaste 100 jaar tot vervulling gekom en in 1948 het genoeg Israeliete terug gekeer dat hulle weer ñ land van hul eie kan wees.

Here, dankie dat U beloftes hou en ons weet as U sê U sal ons help dan sal U!
U is die Redder van Israel wat nie slaap of sluimer nie!