15 September 2023

2 Kronieke 1

Salomo gaan offer ñ1000 offers by die oorspronklike Tabernakel en nie waar dit gemaklik is in Jerusalem by die ark van die verbond nie maar op die platteland in Gibeon.

Daar ontmoet die Here die jong koning en praat met hom.
Dis op die besonderse gebeds-geleentheid wat Salomo die Here vir Wysheid vra en die Here antwoord dat hy dit en rykdom by sal kry.

Salomo was so ryk en het in soveel vrede geleef met sy buur nasies dat hy ten spyte van sy 1400 strydwaens nog perde en strydwaens verkoop het aan die aangrenaende sterk volke wat tradisioneel vyande van Israel was.

Here, mag ons U wysheid hê! Dankie dat dit ook vrede en voorspoed bring.
U is die Vredevors!