12 September 2023

1 Kronieke 29

In die 40 jaar wat Dawid regeer het, het dit uitsonderlik goed gegaan met Israel.
As Dawid vir die Here so baie goud, silwer en edelgesteentes kon gee is dit dalk te verstane, maar dat sy leiers  hom nadoen en ook uit hulle persoonlike sakke gee aan die Here en dit is oorweldigend baie goud, silwer en edelgesteentes, dan besef jy dat die hele Israel finansïeel welaf was.

Dawid was ñ goeie en stabiele leier wat ñ wyse jong stabiele Salomo los om verder te regeer en dan te sien hoe almal aan die jong koning onderwerp omdat hulle hom respekteer!

Here, dankie vir die stabiliteit wat goeie leierskap bring.
Here help ons om leiers te wees wat gee en lei deur ons voorbeeld!
U is ons Koning vir ewig!