11 September 2023

Amos 7

n Skietlood is wat Amos sien as die Here met hom praat oor Sy standaard van reg en verkeerd!
Daar is net een Waarheid en ons mag nie daarvan afwyk nie anders bou ons skeef. 

Jerobeam het van die Waarheid afgedwaal toe hy in Betel n goue kalf laat aanbid het. 
Nou is die koning se priester ook verkeerd en probeer Amos stil maak. 
Die Here se waarskuwing deur Amos sou baie geslagte vat om tot vervulling te kom, maar dit maak hom nie n valse profeet nie. 
Somtyds kom profetiese woord nog nie waar nie, want ons is te haastig om dit te sien gebeur. 
Die God van genade het Israel nog tyd van berou gegee maar geen koning na Jerobeam het berou oor hulle afgodsdiens gehad nie. 

Here, help ons om nie ons eie manier van aanbidding uit te dink nie: dit is afgodery!
U is Genade en Oordeel!