10 September 2023

Openbaring 16

As die 7 engele met sewe bakke van oordeel dit oor die aarde uitgiet ten tye van die verdrukking gaan die mense wat op aarde oor is eerder kies om die Here te laster as om Hom om hulp te vra.
Hierdie goddelose mense wat nie die voorreg het om die Heilige Gees in hulle midde te hê nie, sal die gevolge van hulle vervolging van die gelowiges beleef aan die einde van die verdrukking!
Voor Jesus dan weer gaan verskyn sal hulle vir n oorlog bymekaar kom, onder leiding van die bose geeste van die draak en sy agente.

Here, dankie vir U Waarheid wat regeer en sal seëvier!
U is die Oppermagtige God!