9 September 2023

1 Kronieke 28

Dawid sê vir al sy leiers dat die Here hom gekies het as koning en dat die Here nou Salomo kies om sy opvolger te wees.
Hy deel hulle ook mee dat al is dit sy droom om die Tempel van die Here te bou om Sy verbondsark te huisves het hy te veel bloed op sy hande en daarom sal Salomo die Huis van die Here bou.
Alles is voorbereid en in die plek van die goue kandelaar is daar nou verskeie menorahs, netsoos daar nou meer as een tafel van toonbrode is.
Dus is daar nou ñ oorvloed van goud en meubels vir die Tempel nog voordat Salomo dit kon bou.

Here, dankie vir U voorsiening!
U is oor as genoeg!
YHWH Jireh!