8 September 2023

Amos 6

Alhoewel Sion, Jerusalem, genoem word is hierdie waarskuwing vir Samaria!
Die weekde van die mense in Israel word hier beskryf!
Hulle is gemaklik, maar nie Godvresend nie!
Daarom profeteer Amos oor hulle ballingskap wat op hande is!
Kort hierna het Assirië die stad Samaria en die res van Israel weggevoer!

Here, help ons dat ons gemak en rykdom ons nie weg hou van U nie!
U is die Regverdige Heerser!