5 September 2023

Amos 5

Bet-El en Berseba is waar Israel goue kalwe laat oprig het om te aanbid instede van na die Tempel in Jerusalem gaan.
Nou waarsku Amos Israel om op te hou met afgodery en eerder:
“Ja, so sê die Here vir die huis van Israel: “Soek My, dan sal julle leef.”
‭‭Amos‬ ‭5‬:‭4‬ ‭AFR20‬‬

Die detail van Israel se oordeel word ook duidelik as Amos verduidelik, dat hulle verder as Damaskus weggevoer sal word en nie weer sal terugkeer nie.

Die Here gee ons oor en oor die geleentheid om goed te kies eerder as sleg!

Here, ons kies U want U is perfek Goed!
U is God, die Heerser oor alle magte!