4 September 2023

Openbaring 14

In die verdrukking gaan daar 144 000 jong  Joodse manne opstaan en in Christus glo. Hulle gaan dan van Jesus getuig regoor die aarde.
Dit sal egter vir hulle moeilik wees in ñ tyd waarin die anti-chris regeer.
Daarom sal daar ñ oordeel wees oor almal wat met die merk van die dier sit in die verdrukking, selfs vir die wat in daardie tyd tot bekering gekom het.
(Onthou die kerk, ons, is dan by die Bruidegom in die Hemel).

Die tyd sal aan die einde van die verdrukking uitloop en die oordeel sal oor alle mense gefel word.

“Met 'n harde stem het hy uitgeroep: “Julle moet ontsag hê vir God en heerlikheid bewys aan Hom, want die tyd van sy oordeel het aangebreek.

Aanbid Hom wat die hemel, die aarde, die see en die fonteine geskep het. ””
‭‭Openbaring‬ ‭14‬:‭7‬ ‭AFR20‬‬
U is die Lam
Jesus U is my Hoop!