3 September 2023

1 Kronieke 26

Daar was ñ breedvoerige stelsel van wagte wat die Tempel moes op pas en dan weer  ñ ander familie wat binne die Tempel verantwoordwlik was vir al die goed wat aan die Here toegewy was.
So was daar ñ familie van regters en ander wat die admin van die belasting vir die heiligdom in Jerusalem moes hanteer.
Dawid het ñ georganiseerde sisteem gehad wat die Tempel se instandhouding, toesig en administrasie moes behartig nog voor dit gebou was!
Onthou Salomo bou die tempel maar, Dawid stel die mense aan.

Here, help ons om vooruit te beplan en ook noukerig na ons administrasie om te sien! Dit vereer U!
U is ñ God van Orde!