2 September 2023

Amos 4

Droogte, siektes, oorlog en rampe is deel van die algemene sonde al van die wêreld!
Dit kom eintlik van die vyand wat wil moor, roof en vernietig (Jn. 10:10)
Maar, in die gedeelte van Amos sê die Here dat Hy hierdie negatiewe omstandighede kan gebruik om ons tot inkeer te bring.
Sodat ons weer na Hom kan draai!
Elke ramp en slegte ding wat met jou gebeur is ook weer ñ kans dat jy Hom vir hulp en uitkoms kan vra!

Here, help ons bid, sodat ons moeilike tye sal sien as ñ nader trek van ons liefdevolle Vader aan ons!
Al begin satan siekte en rampe gebruik U dit om by ons harte uit te kom. (Heb. 12)
U is ons liefdevolle Vader!
Die Heerser, God oor alle magte is U naam!