31 Augustus 2023

1 Kronieke 25

Asaf, Jedoetoen en Heman was Dawid se 3 Aanbiddingsleiers.
Hulle was net sulke legendes onder die volk soos Dawid se 3 sterk soldate was!
Hier skryf hulle NA die ballingskap oor die 24 diensspanne wat koning Dawid uit die 288 musikante kon opstel.
Lofprysing en aanbidding is netso belangrik, nee baie belangriker, as die weermag en dapper soldate.

Here, dankie vir die voorreg om U vandag nog deur sang te kan loof!
Help ons om die belangrikheid daarvan in die geestlike realm te besef!
U is Lofwaardig!