29 Augustus 2023

Openbaring 12

Israel wat “geboorte” gegee het aan die Koning, die Messias, word hier as vrou uit gebeeld!
Netsoos met haar uittog uit Egipte waar die Here vir haar arendsvlerke gegee het om te vlug (Eks. 19:4) so sal Hy haar bo-natuurlik help in die verdrukking om na Petra (woestyn) toe te vlug.
Soos Farao haar agtervolg het sal die draak in daardie tyd haar volg, maar instede van hom wat omkom van water sal hy met ñ wonderwerk haar probeer oorweldig met water!

“Húlle het hom oorwin, op grond van die bloed van die Lam, en op grond van hulle getuienis. Selfs in die aangesig van die dood het hulle nie hulle eie lewens liefgehad nie.”
‭‭Openbaring‬ ‭12‬:‭11‬ ‭AFR20‬‬

Die bekeerde jode in die verdrukking gaan deel van die ware kerk wees en dus ook Sy oorwinning smaak!

Here, dankie dat ons almal meer as oorwinaars is in U!
U is die Oorwinaar!
Die Messias!