28 Augustus 2023

1 Kronieke 24

Hierdie boek, Kronieke, word na die ballingskap se terugkeer deur ñ priester geskryf.
Daarom die detail van die priesters en leviete se herkoms en ook die neer pen van hoe die lot hulle na die ballingskap in gedeel het om te dien.
Dis interresant om name soos Esegiël s'n daar te sien. (Hy was ñ profeet uit die priesters wat vanuit die ballingskap geprofeteer het).

Mag ek en jy gewillig wees om getrou te dien voor die Here!

Here, dankie vir die getroue dien van priesters in die ou testament en die gelowiges oor eeue heen! Mag ons so deel wees van U groter Prentjie!!
U is die Een wat die lot in U hande het in die Ou Testament, maar nou vir ons die Heilige Gees gee om ons van binne te lei!