25 Augustus 2023

1 Kronieke 23

Aan die einde van Dawid se koningskap is die belangrikste gedeelte wat hy oorgee aan Salomo, die nuwe koning: die aanbidding en lof vir die Here.
Dit is die eerste en breedvoerigste verduideliking wat volg van die funksie en rol van die 38 000
priesters in Israel.
Mag ek en jy besef dat ons oggend en aand dankbaarheid nie moet ophou opklink voor die Here soos n aangename offer nie!

Here, dankie dat U genade nuut is elke oggend en dat ons elke aand iets het om vir U oor dankie te sê!
U is ons Hoëpriester!