24 Augustus 2023

Amos 1

Amos, ñ gewone skaapboer, profeteer in dieselfde tyd as Jesaja.
Dit was ñ baie stabiele tyd in Juda, maar onstabiel in Israel en omgewing!
Daarom profeteer hy oordeel oor Israel en al die naburige volke.
Alhoewel dit goed gegaan het met Aram en Edom in daardie tyd, het Amos se woorde in vervulling gekom oor elkeen van die buur nasies van Juda!

Here, dankie dat U die Woord wat gespreek is, gestand doen!
U is die God wat uit Sion, uit Jerusalem, brul!