23 Augustus 2023

Openbaring 10

Johannes sien ñ Groot engel met ñ boekrol en die 7 donderslae kom, maar dit word aan ons verberg wat die gevolge is van die donderslae.  

Die Engel met die boekrol gee die “woord” aan Johannes om te eet. 
Hy eet dit, dis aanvanklik soet, maar later bitter. 
Ek dink dit is wonerlik om ñ woord van die Here te ontvang maar dis nie altyd lekker om dit deur te gee nie, veral as dit ñ moeilike waarskuwing is. 

Here, dankie dat U ñ God is wat met ons praat en dat ons U stem kan hoor!
U is die Een wat vir ewig lewe!