21 Augustus 2023

Joël 3 

Die volke soos Assirië, Babelonië en Persië het Israel en Juda in ballingskap weggevoer en ook later die tempel skatte aan die Grieke verkoop. 
Nou profeteer Joël dat hierdie Grieke ook hulle gaan inneeem en in ballingskap wegvoer!
Dit het netso gebeur onder die aanvoer van Aleksander die Grote: die Grieke het die Perse en al die ander volke van daardie omgewing oorwin. 
Alles wat hier geprofeteer is is volbring, van die buur nasies van Juda is nou nog woestynagtig en baie “verlate”. 
Jerusalem bly vir U belangrik!

Here, U hou U woord gestand teenoor U geliefdes!
U is die God wat woon in Sion!