18 Augustus 2023

Joël 2

“Kinders van Sion, juig en wees bly in die Here julle God, want Hy gee vir julle reën as teken van geregtigheid, soos voorheen, sal Hy stortbuie en laatreëns vir julle laat uitsak.”
‭‭Joël‬ ‭2‬:‭23‬ ‭AFR20‬‬

Na die sprinkaan plaag belowe die Here weer reën en groen herstel van die land!

Netso belowe Hy ook dat na die ballingskap en die volk se terugkeer die Heilige Gees uitgestort sal word.
Die profesie word vervul en gekwoteer in die bokamer toe die Heilige Gees uitgestort word (Hand. 2)
Petrus het geweet dat dit ñ nuwe groei tyd is en met sy preek oor die gedeelte kom 3000 mense tot bekering!

Here, ons besef elke sprinkaan tyd van verlies en vernietiging gaan gevolg deur U genade tyd van groei en herstel!
U gee elkeen van ons na n lewe van self probeer, U Heilige Gees sodat ons kan floreer, as ons U kies!

U is die God van tweede kanse!
Die God van Herstel en genade!