17 Augustus 2023

Openbaring 8

Stilte van skok en afwagting gaan saam met die 7de seël.
Dit lei nie net die 7 trompette in wat oordeel oor die aarde uit stort nie, maar dit veroorsaak ook dat die toorn van die Here in die simboliese vuur van die wierookaltaar deur ñ engel oor die aarde uitgestort word.
So is die gevolg van die laaste seël dus donderslae en ñ aardbewing daarna met die trompette kom ñ meteoriet wat vernietiging op die see en ñ groot gedeelte van die riviere veroorsaak.
Die seelewe en water toevoer gaan geweldig geknou word!!
Onthou al hierdie gebeur tydens die Verdrukking!

Here, ons eer U dat ons gebede opgaan tot U soos die wierook opgestyg het voor U al die jare in die Tabernakel en toe die Tempel!
U is die Hoorder van ons gebede!