15 Augustus 2023

Joël 1

Ons weet nie presies waneer die profesie neergepen is nie, maar dit was voor die ballingskap en dus kan die vernietiging wat beskryf word hier ook moontlik toegeskryf word aan die Babeloniërs!
Met ander woorde of dit sprinkane was of 'n vreemde weermag, dit het Juda in daardie dae verslae en vernietig gelos.
Hierdie hoofstuk beskryf die ramp van slegte tye wat ook somtyds met ons gebeur, maar die Here is ons hoop…

Here, dankie dat ten spyte van moeilike tye die boek nog nie klaar geskryf is nie!
U is ons Hoop!