14 Augustus 2023

Openbaring 7

Daar kom ñ verdrukking van 7 jaar aan die einde van tyd!
Ons as kerk, ons gelowiges, gaan egter dan by die Here wees. 
Maar, daar gaan ñ klomp mense wees wat deur ñ vreesaanjaende tyd gaan!
Baie gaan egter tot bekering kom ook vanuit die Jode, en dit is hierdie groep verdrukking bekeerdes waarvan die hoofstuk praat. 
Hulle sal gered wees, skoon wees voor die Here en sonder trane wees!

Here, dankie dat U ons red, maar ook ñ hele klomp sal red as dit lyk of dit te laat is! Dis net hoe U is: Genadig!
U is Lam in die middel van die Troon!