12 Augustus 2023

Esegiël 48

Jerusalem se naam sal wees: Die-Here-is-daar. 
In die 1000 jaar vrederyk wat nog moet kom, waaroor Esegiël hier profeteer, gaan Jesus self in Jerusalem woon en van daar regeer. 
Die afmetings is dalk vir daardie tyd. 
Maar vir ons beteken die hoofstuk dat die Here sentraal moet wees van waar ons woon en waar ons werk. 

Here, dankie dat U teenwoordigheid die middelpunt van ons lewe is!
U is die Vredevors van die vrederyk!