10 Augustus 2023

1 Kronieke 18

Dawid se heerskapy het ñ bloeityd beleef!
Dit het met Dawid en Israel uitermate goed gegaan!
Hulle het oorwinning behaal oor al hul buurlande en veral die konings van die magtigste middeoosterse ryke.
Later sou die Arameers en later die Babeloniërs die krag van die area wees maar in Dawid se tyd het beide koninkryke, en baie ander, aan koning Dawid onderwerp.

Here, dankie vir ñ hoogtepunt era in die geskiedenis.
So is daar ook hoogtepunt oomblikke in ons lewens! Help ons om dit nie te mis nie en vir U dankie te sê vir sukses in ons lewens!
U is die Voleinder van ons geloof.