9 Augustus 2023

Esegiël 47

Met Jesus se terugkeer na die aarde en Sy bly in Jerusalem waar Hy gaan regeer vir ñ 1000 jaar, gaan die geografie van Israel verander. 
Die skrif sê as Hy weer terug kom en Sy voete raak weer die Olyfberg, gaan daar ñ aardbewing wees wat ñ fontein gaan laat ontspring en ñ rivier gaan vloei vanaf die hoogliggende Jerusalem oos na die Dooie see en wes na die Middelandse see. 
Die Dooie see gaan weer amper heeltemal herstel. 
Daar sal selfs vis wees en dit gaan uitloop by Die see suid van Israel (Golf van Akaba). 
Die water vanuit Jerusalem (die Here se teenwoordigheid) gaan besonders vrugbaar wees. 

Here, ons sien uit na die profesië wat nog vervul moet word!
Dankie dat die Ou en Nuwe testament saam bevestig oor hierdie era wat nog moet kom!
U is die Lewende Water en die Koning van Jerusalem!