8 Augustus 2023

Openbaring 5

 “Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die sterkte, vir ewig en ewig.”
‭‭Openbaring‬ ‭5‬:‭13‬ ‭AFR20‬‬

As Johannes in die Troonkamer van die Here beleef hoe die engele menigte en die 24 Ouderlinge die Leeu van Juda aanbid omdat Hy die Lam van God is, dan weet hy die Lam is Waardig om ge-eer te woord!
Want Hy is Heilig en ons offer:
Geslag vir jou en vir my!!

Here, dankie dat ons gebede wat ons bid in U Troonkamer voor U gehou word soos wierook en dit skep n “reuk”, ñ atmosfeer van aanbidding van ons gebede saam met die hemelse wesens sn!
U is die Leeu van Juda,
Die Lam van God!