7 Augustus 2023

1 Kronieke 17

Dawid het ñ begeerte om vir die Here se ark n huis te bou: ñ tempel!
Maar nadat die Here met Natan die profeet gepraat het wys die Here vir Dawid dat hy nie vir Hom ñ tempel gaan bou nie, maar sy seun sal!

Intussen seën die Here die intensie en droom van Dawid deur vir hom te sê: omdat jy vir my ñ “huis” wil bou gaan ek jou huis, jou nageslag, bou wat vir ewig sal koning wees!
Deur Jesus het hierdie profesie tot vervulling gekom!
Jesus is en sal die Ewige Koning wees!

Here, dankie dat U ons 1ste liefgehad het, en as ons dink om U te seën dan seën U ons bo ons verwagting uit!
U was, is en sal die Ewige Koning wees!