6 Augustus 2023

Esegiël 46

Esegiël beskryf verder hoe aanbidding in die tempel moet verloop as dit weer gebou word. 
Onthou hy wat Esegiël is, is in ballingskap, maar as ñ priester beskryf hy hoe die volgende volksleier moet aanbid. 
Serrubabel was bloot net ñ goeweneur wat ñ paar jaar na die profesie deur Kores aangestel was om Jerusalem te lei. 
Al was hy van die geslag van Dawid, mag hy nie n koning genoem gewees het nie. 
Dis ssof Esegiël dit weet en van die “leier” praat. 
Die oospoort is ook die poort van die Tempel wat Jesus gebruik het aangesien Hy meestal van Betanië gekom het. 

Here, dankie vir akkurate profesie regdeur die skrif wat vervul word en bewys U Woord is waar!
U is ons Leier en Messias!