4 Augustus 2023

1 Kronieke 16

Met die aankoms van die ark van die verbond in Jerusalem, het Dawid ñ massiewe partytjie gehou en vir al die Israeliete wat gekom het vir die geleentheid, kos gegee en hulle het saam gesing!

Dawid het ñ lofprysing span opgerig wat die volk gelei het in aanbidding!
Dawid het verstaan dat lof en aanbidding die volk saambind en die Here eer gee!
Dit help ons ook om teologiese waarhede te verstaan as ons dit saam sing!

Here, dankie vir lofprysing!
Dankie dat ons U Naam mag en kan besing!
“Prys die Here, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde.”
‭‭1 Kronieke‬ ‭16‬:‭34‬ ‭AFR20‬‬

U is Waardig van alle lof!