3 Augustus 2023

Esegiël 45

Die Here vermaan die leiers van Israel om nie weer na die ballingskap soos voor dit uit selfsug en eie belang op te tree nie, maar eerder die mense te help!
Leiers moet help en selfs grond tot priesters se beskiking stel en vir die mense voorsien eerder as om hulle leeg te tap. 

Vir my en jou beteken dit dat ons eerder vir ander om ons moet gee en hulle versorg as om net te wil hê en altyd net na ons eie sak te kyk. 

Here, help ons om te versorg en te gee!
Ons besef as ons dit doen sal U bly voorsien aan ons om te kan gee namens U!
U is ons Bron en Versorger!