31 Julie 2023

Esegiël 44

Die oospoort van die tempelberg is vandag nog toe. Die toe-gesmelde hek is duidelik sigbaar vanaf die Olyfberg en in Jesus se dae het Hy daar in en uit gegaan, maar nou is dit toe!
Eendag sal die Messias weer daardeur gaan!

Die res van die hoofstuk beskryf hoe priesters ñ heilige lewe voor die res van Israel moet uitbeeld en leef.
Dit wys vir ons as gelowiges wat nou volgens Petrus ñ koningklike priesterdom is, ook hoe ons moet leef!
Ons is ñ voorbeeld van reinheid en heiligheid vir die wêreld!

Here, help ons om mense te leer tussen heilig en gewoon deur wat ons leef volgens U beginsels!
U is Rein!