30 Julie 2023

Openbaring 2

Jesus is aan die woord as Hy die gemeentes van Efese, Smirna, Pergamum en Tiatira aanspreek in die hoofstuk.  
Hy adreseer die “boodskapper” van die gemeente dit is heel moontlik hulle geestlike leier en leeraar wat die boodskap moet oordra aan die res van die gemeente.

Hy moedig 1ste elkeen van die gemeentes aan oor iets goed wat hulle doen soos hulle getrouheid.
Daarna is daar n gedeelte van: “maar Ek hou dit teen jou…”
Waar Hy die dwaallering van elke kerk (en era van kerk) aanspreek.

Elke brief eindig met ñ unieke belofte aan elke gemeente.

Here, help ons om tot die einde te oorwin en die Ewige lewe te kan sien, die Paradys te kan veleef, ñ wit klippie met ons nuwe naam op te kan kry en saam met U te regeer!
U is die Seun van God met die tweesnydende swaard en wat die goue kandelaar in U regterhand dra!