29 Julie 2023

1 Kronieke 14

Dawid as koning, was geweldig suksesvol. 
Met goeie verdrae het hy van die naburige koning hulp gekry wat hom gehelp het om ñ paleis te bou. 
Die paleis wat Dawid gebou het was ñ oefen lopie vir die Tempel wat hy eintlik wou bou. 
Verder het hy die Filistyne, die ou vyand van Israel, oortuigend en aanhoudend verslaan. 
Hy het hulle goed geken sowel as hulle strategie want hy het in sy vlugteling dae vir hulle gewerk. 
Dawid was ñ suksesvolle koning!

Here, dankie vir seisoene waarin U ons kragtig gebruik tot U eer!
U is die Almagtige Koning!