28 Julie 2023

Esegiël 43

Die Here wil die Tempel met sy gebruike vas maak by die Israeliete wat in ballingskap in Babilon woon. 
Dit is ook hoekom die Here vir ñ Priester wat ook ñ Profeet is weer die afmetings en gebruike wys van die tempel. 
Die groep Jode in Ballingskap is die 1ste groep in honderde jare wat nie die tempel of die Tabernakel in hulle midde gehad het nie. 
Die Here is ook besig om vir Esegiël te wys die tempel se tyd is nog nie verby nie. 

Here, dankie vir elke era in die geskiedenis en ook in ons lewens!
U is die Waarmaker van U Woord!