27 Julie 2023

Openbaring 1
Ons het die voorreg en seën om die laaste boek van die Nuwe Testament te bestudeer!
Johannes die vriend van Jesus het ’n visioen op die eiland Patmos waar hy ’n gevangene is van Jesus ons Here in Sy volle heerlikheid!
Dit los Johannes verslae!
Jesus se openbaring van wie Hy eintlik is en nog gaan doen begin met ’n boodskap aan die 7 gemeentes in klein asië!
Dis heel moontlik ook vir die 7 gemeentes oor sewe tydperke in die geskiedenis van die kerk.
Here, ons eer U as die Alfa en Omega, die begin en die einde!
Alles is in U hande!
U regeer vir ewig!
U is die Lewende wat die dood en hel oorwin het!