26 Julie 2023

1 Kronieke 13
Dawid is so opgewonde om weer die ark te versorg nadat dit baie jare onder Saul se koningskap net geignoreer was!
Daarom roep hy die hele volk byeen om die ark te gaan haal.
Ten spyte van sy entoesiasme vind hy nie uit hoe het Moses, Aaron en die geslagte voor hom die ark vervoer nie, nee hy dink die beste manier is op ’n wa deur osse gesleep!
Dit was nooit die Here se plan nie, die ark moes deur priesters op hulle skouers gedra word.
Dus slaan Ussa dood neer toe hy die ark probeer help.
Al probeer ons opreg die regte ding doen maar dis verkeerd is ons opreg verkeerd!
En om verkeerd te wees bly sonde. Die fout bly ons s’n en nie God s’n nie!
Mag ek en jy nederig eers uitvind wat die regte ding is om te doen.
Mag ons nie deur ons emosies en wat ons dink of voel reg is, gelei word nie!
Uit die Woord van die Here is die beginsels van reg lewe met Hom !
Die ark wat ons in ons harte dra, die Heilige Gees, moet geag en gerespekteer word!
Here, ons wil U met heilige ontsag kom vrees!
U is die Here wat se Naam tussen die gerubs uitgeroep word!